Zara Jakob | |
---|---|
Keiser van Ethiopië | |
Dinastie | Huis van Salomo |
Bewind | 1434-1468 |
Gebore | 1399 |
Shewa | |
Gesterf | 1468 (op 68-69 jaar) |
Voorganger | Amda Jesus |
Opvolger | Baeda Mariam I |
Gade van | Eleni |
Vader | Dawid I |
Moeder | Igzi Kebra |
Zara Jakob (Ge'ez: ዘርዐ ፡ ያዕቆብ zar'ā yāʿiqōb, "Afstammeling van Jakob", letterlik "Saad van Jakob"; 1399 - 26 Augustus 1468) was die keiser van Ethiopië en ’n lid van die Salomoniese Dinastie. Sy troonnaam was Konstantyn I (Ge'ez: ቈስጠንጢኖስ qʷastāntīnōs). Hy was die seun van Dawid I en sy jongste vrou, Igzi Kebra.
Die Britse kenner van Ethiopië Edward Ullendorff meen Zara Jakob "was ongetwydfeld die grootste heerser van Ethiopië sedert Ezana, tydens die hoogtepunt van Aksoem-mag, en geen van sy opvolgers kan met hom vergelyk word nie – behalwe miskien die keisers Menelik II en Haile Selassie".[1]
Paul B. Henze herhaal die tradisie dat Zara Jakob na Tigray gebring is en daar in die geheim grootgemaak is weens die jaloesie van sy oudste broer, Tewodros I.[2] Die Ethiopiese historikus Taddesse Tamrat erken die tradisie is belangrik om die aandag te vestig op Zara Jakob se godsdienstige agtergrond vir sy bewind, maar die storie is "baie onwaarskynlik". Zara Jakob het self in sy Masjafa Berhan geskryf hy is maar op die vooraand van sy troonbestyging uit die koninklike tronk op berg Gishan gebring.[3]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search